My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

Adjunkpresident verklaar huis van R37-miljoen

26 Oktober 2023

Adjunkpresident Paul Mashatile het ‘n huis in die Waterfall-landgoed – ter waarde van R37-miljoen as sy eie eiendom verklaar, terwyl dit op ‘n maatskappy se naam geregistreer is wat aan sy seun, Thabiso Mashatile, en sy skoonseun, Nceba Nonkwelo, behoort.

Die nuusdiens, News24, het voorheen berig dat Mashatile en sy vrou, Humile Mjongile, kort na sy inhuldiging as ‘n Lid van die Parlement in Maart in dié luukse eiendom ingetrek het.

Sy woordvoerder, Vukani Mde, sê dat die skuif op daardie tydstip die gevolg was van ernstige dreigemente teen Mashatile en sy gesin se veiligheid deur ‘n vorige vriendin, Gugu Nkosi.

Nonkwelo het voorheen minstens vier lenings van ‘n Gauteng-regeringsbehuisingsmaatskappy, die Gauteng Vennootskapsfonds, ontvang vir die ontwikkeling van studente-akkommodasie in Highlands, Johannesburg.

Meer as ‘n dekade later bly die eiendom onontwikkel, terwyl ‘n ander maatskappy wat deur Nonkwelo besit word, die lening aan Legacy Properties verskaf het, waarvan hy en Mashatile Jr direkteurs is, om die Waterfall-huis aan te koop

Mashatile het verder ook sy huis in Kelvin, in Sandton verklaar. Hy het verder eksklusiewe gebruik van die OR Tambo Huis, asook ‘n groot eiendom in die Bryntirion estate in Pretoria.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende