5 Februarie 2024
Skaars ‘n week nadat die DA ‘n dossier met klagtes oor adjunkpresident Paul Mashatile aan die presidensie oorhandig het, het dit aan die lig gekom dat sy twee seuns, Thabiso en Tinyiko baat gevind het by staatstenders.
Netwerk24 berig dat dié twee binne drie maande – drie kontrakte by die Gautengse departement van infrastruktuurontwikkeling bekom het.
Volgens die nuusdiens het hy reeds op 24 Januarie navrae oor dié tender aan die departement gerig, maar kon nog nie reaksie kry nie.
Die kontrakte aan Ngwato and Manzi Group, waarvan die seuns direkteure en Thabiso die projekbestuurder is, is vir ’n driejaartermyn toegeken en verstryk eers in 2025. Ander besonderhede oor die tenders is nog nie bekend gemaak nie.