4 Desember 2024
Adjunkpresident Paul Mashatile se kantoor sê hy gaan die edelgesteentes teruggee wat die omstrede diamanthandelaar, Louis Liebenberg, aan sy vrou, Humile Mashatile, geskenk het.
Mashatile se kantoor het die geskenke pas verklaar en sê dat dit nie voorheen verklaar is nie omdat die egtheid en waarde daarvan eers vasgestel moes word voordat dit amptelik verklaar kon word.
Sy waarnemende woordvoerder, Keith Khoza, sê dié besluit is geneem nadat verskeie bewerings teen Liebenberg na vore gekom het.
Liebenberg en nege ander – insluitend sy vrou, Dezzi – is in Oktober in hegtenis geneem en aangekla van ‘n reeks misdade, insluitend rampokkery, bedrog, geldwassery en diefstal.