ActionSA sê hy is steeds toegewyd aan koalisie-regering in Tshwane-metro


Luister nou

Volgende

ActionSA sê hy is steeds toegewyd aan koalisie-regering in Tshwane-metro

18 Augustus 2022

ActionSA sê hy is steeds toegewyd tot die koalisie ooreenkoms in die Tshwane metro, maar wil nie langer saam met die burgemeester Randall Williams werk nie.

Die party het vandag die media toegespreek oor die weg vorentoe, na die spesiale raadsitting vroeer die week waartydens hulle nie ’n voorstel gesteun het, om ’n voorstel vir onafhanklike kragopwekking in die stad vir ’n openbare deelname proses te stuur nie.

ActionSA is van mening dat burgemeester Williams ingemeng het met die tenderproses van die stad, om ’n nie-kompeterende bod van die Kratos Konsortium goed te keur.

LEES OOK: SPANNING HEERS IN TSHWANE-METRO SE KOALISIEREGERING

https://twitter.com/Action4SA/status/1560199863945625600

Die party se nasionale voorsitter Michael Beaumont sê om in ’n koalisie te wees, beteken nie hulle hoef die DA se besluite blindelings goed te keur nie.

Intussen het die DA se nasionale woordvoerder, Cilliers Brink in reaksie hierop gesê dat al die koalisievennote in die Tshwane-Metro, met die uitsondering van ActionSA, tevrede was met die verslag wat gister in die raad gedien het. 

Brink sê verder dat indien die verslag gister goedgekeur is sou `n openbare proses gevolg het waartydens besware geopper kon word.

Volgens Brink bly die DA verbind tot die koalisieregering maar dat ActionSA moet herbesin oor hulle rol in die koalisieregering.

https://twitter.com/CilliersB/status/1559873452533841924

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

ActionSA sê hy is steeds toegewyd aan koalisie-regering in Tshwane-metro


Luister nou

Volgende