ActionSA – een van die belangrikste bondgenote van die ANC in die Johannesburgse stadskoalisie – het aangekondig dat hulle nie die burgemeester, Dada Morero, sal verdedig tydens vandag se mosie van wantroue nie. Dié stap kan ‘n dodelike slag wees vir die koalisie onder leiding van Morero – wat 50% plus een stem van die steun benodig om die aanslag van die DA te weerstaan. ActionSA se voorsitter in Gauteng, Funzi Ngobeni, sê die party het op dié stap besluit weens Morero se gebrekkige prestasie, en dat die besluit reeds aan die ANC oorgedra is. Dit kan daartoe lei dat die ANC teen die ActionSA-speaker sal stem wanneer Nobuhle Mthembu ook deur ‘n mosie van wantroue in die gesig gestaar word. |