12 Julie 2024
ActionSA sê hy sal die polisie – en spesifiek die Valke – vra om ondersoek in te stel na Julius Malema en Floyd Shivambu se betrokkenheid by die ondergang van die VBS-Mutual Bank.
Dit volg nadat die voormalige VBS-voorsitter, Tshifhiwa Matodzi, nuwe inligting bekend gemaak het oor betalings aan die EFF om die bank se beeld te poets.
ActionSA voer aan dat Matodzi – wat dié week byna vyf-honderd-jaar gevangenisstraf opgelê is – die twee EFF-ampsdraers direk by die plundering van VBS betrek het.
Volgens ActionSA staan die bewerings in Matodzi se verklaring in skrille kontras met dié van Malema en Shivambu – wat aanvoer dat hulle niks te make het met VBS se ondergang nie.