ActionSA maak klagte aanhangig teen twee mense wat glo probeer het om raadslid om te koop


Luister nou

Volgende

ActionSA maak klagte aanhangig teen twee mense wat glo probeer het om raadslid om te koop

16 Maart 2023

ActionSA het vandag klagte aanhangig gemaak teen twee individue wat probeer het om sy raadslid in die Tshwane metro, Kgosietsile Kgosiemang, om te koop.

Kgosiemang was deur die twee individue genader tydens die spesiale raadsvergadering waartydens Murunwa Makwarela as burgemesteer verkies is.

Die twee was glo in kontak met ’n raadslid van die Defenders of the People (DOP) party in die Tshwane metro.

Hulle het aan Kgosiemang gesê dat hulle hom sy salaris as burgemeesterskomiteelid sal aanbied vir die res van die termyn, sou hy vir Makwarela stem.

Kgosiemang het die aanbod van die hand gewys.

Die klagte teen die twee individue is vandag by die Olievenhoutbosch polisiestasie in Centurion ingedien.

ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont sê dit is ook hoogs onwaarskynlik dat ’n party soos DOP op sy eie opgetree het.

“Ek dink nie DOP het 2 miljoen Rand tot sy beskikking om raadslede om te koop nie” het Beaumont gesê.

“Daar is meer as een politieke party by hierdie staatsgreep betrokke in die Tshwane metro. Een van die vrae wat ons moet vra is: Wat is die ANC en die EFF se betrokkenheid in hierdie gevalle van omkopery?”

Beaumont voeg by dat Kgosiemang nie noodwendig die enigste raadslid is wat met beloftes van omkoopgeld genader is nie.

Agt raadslede van die veelpartykoalisie het tydens die verkiesing eerder vir Makwarela gestem as vir die veelparty koalisie se kandidaat, Cilliers Brink.

“Ons is nog besig met ons ondersoeke om vas te stel of enige ander raadslid omkoopgeld aanvaar het. Kgosiemang het die regte ding gedoen en nie die omkoopgeld aanvaar nie, maar ons weet daar is ander raadslede wat die geld aanvaar het en nou stil bly” het Beaumont gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

ActionSA maak klagte aanhangig teen twee mense wat glo probeer het om raadslid om te koop


Luister nou

Volgende