ActionSA-leier stel homself verkiesbaar as JHB-burgemeester


Luister nou

Volgende

ActionSA-leier stel homself verkiesbaar as JHB-burgemeester

20 Mei 2021

Die leier van Action SA, Herman Mashaba het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie bevestig dat hy homself verkiesbaar gaan stel as burgemeester van die Johannesburg-metro in vanjaar se munisipale verkiesing, wat op 27 Oktober plaasvind.

Mashaba, wat voorheen by die DA betrokke was, is in 2016 as Johannesburg se burgemeester verkies. Hy het in Oktober 2019 uit die party en as burgemeester bedank.

Action SA is in Augustus verlede jaar op die been gebring en is in Desember by die Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer om aan die komende verkiesing deel te neem.

Mashaba het tydens die konferensie gesê dat hy aanvanklik nie beplan het om homself verkiesbaar te stel nie, maar het weens verskeie versoeke van Johannesburg-inwoners wél die besluit geneem om homself verkiesbaar te stel.

Hy sê dit is belangrik om te weet dat hy nie outomaties Action SA se burgemeesterskandidaat word vir die party nie, maar dat hy ook deur ‘n sogenaamde keuringsproses sal gaan.

Mashaba het benadruk dat indien dit goed gaan in Johannesburg sal dit ook goed gaan in die res van die land.

https://twitter.com/Action4SA/status/1395311331511787520

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

ActionSA-leier stel homself verkiesbaar as JHB-burgemeester


Luister nou

Volgende