27 September 2024
Die DA sê hy sal nié die inwoners van die hoofstad verlaat nie, en sal nie toelaat dat die stad oorheers word deur chaos wat deur die ANC, ActionSA en EFF veroorsaak is nie.
Die DA se leier in Gauteng, Solly Msimanga, die voormalige burgemeester van die Tshwane-metro, Cilliers Brink en ander DA lede in die metro het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou oor die pad vorentoe nadat Brink gister deur ‘n mosie van wantroue uit sy amp verwyder is.
Volgens Msimanga het die leier van ActionSA, Herman Mashaba na afloop van gister se raadsitting aan die media gesê dat sy party met die ANC sal saamwerk om die ActionSA-raadslid, Nasiphi Moya as die nuwe burgemeester aan te wys.
Die ANC het egter na bewering die moontlikheid van die hand gewys. Volgens Msimanga is dit ‘n bewyse dat ActionSA, en Mashaba slegs deur die ANC gebruik is om ‘n werkende regering in duie te laat stort, om die ANC te bevorder.
Volgens hom het die veelparty-koalisie in die Tshwane-metro alles in sy vermoë gedoen om te probeer verhoed dat die mosie aangehoor word. Hy sê die gedurige verandering van burgemeesters skep onstabiliteit in munisipaliteite en is een van die redes waarom dienste nie gelewer kan word nie.
As ‘n nuwe burgemeester verkies word, sal dit die agtste burgemeester sedert 2016 wees.
The team has worked towards improved service delivery, with various successful investments.
— DA Gauteng (@DAGauteng) September 27, 2024
While there are a number of illegal electricity connections, we have worked towards solving this issue.
Water issues in Hammanskraal has been actively tackled.
Currently our reservoirs…