ActionSA het vanoggend ‘n memorandum aan die minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, oorhandig waarin hulle versoek dat sy met president Cyril Ramaphosa in verbinding tree oor die verwydering van advokaat Shamila Batohi uit haar amp as nasionale direkteur van openbare vervolging.

Die leier van ActionSA, Herman Mashaba meen die proses om Batohi af te dank behoort vinnig te gebeur te midde van ‘n ondersoek na ‘n beweerde sistemiese wanfunksionering binne die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).
LEES OOK: Valke ondersoek nog net vier staatskapingsake
Volgens hom is die NVG in wanorde gedompel. Mashaba sê die NGV het ‘n sogenaamde skuilplek geword vir diegene wat verantwoording probeer ontduik.
Hy sê ActionSA het ondersteuning van diegene gekry wat deur die NVG in die steek gelaat is. Hy sê hulle eis om Batohi uit haar amp te verwyder berus op die ervarings van diegene wat direk deur die die advokaat geraak is.
“Sy is baie duidelik nié daartoe in staat om haar pligte uit te voer nie.”
Mashaba sê daar was groot opwinding oor Batohi se aanstelling as die nasionale direkteur van openbare vervolging in Desember 2018, omdat sy “die begin van ‘n nuwe era ná staatskaping” moes verteenwoordig. “Haar aanstelling het gelei tot ‘n ongewone samehorigheid, en hoop tussen Suid-Afrikaners dat daar uiteindelik opgetree sal word teen diegene wat betrokke was by staatskaping.”
LEES OOK: ActionSA bevraagteken noodsaaklikheid van nasionale dialoog
Hy sê byna sewe jaar later is mense egter woedend en teleurgesteld omdat daar volgens hulle geen optrede teen die skuldiges is nie. Dít ondanks die verslag wat deur die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping saamgestel is met getuienisse, bewyse en vooorstelle vir ‘n pad vorentoe.
Mashaba sê ActionSA het minister Kubayi sewe dae gegun om op hulle memorandum te reageer.
📹 WATCH: “We can't fix this country unless the National Prosecuting Authority works!” – @AtholT, ActionSA Parliamentary Leader
This morning, ActionSA is leading a picket outside the Justice Minister’s office to demand the immediate removal of Adv Shamila Batohi as the Head of… pic.twitter.com/1RJfXJfbKm
— ActionSA (@Action4SA) June 19, 2025