6 Oktober 2021
ActionSA sê hy het sy hofstukke by die kieshof ingedien oor die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se beweerde versuim om die uitlating van die party se naam op sy stembriewe, reg te stel.
Dit kom nadat die Gautengse stembriewe vir die munisipale verkiesing vroeër vandeesweek bekend gestel is. ActionSA se logo verskyn in die stembrief, maar nie sy naam nie omdat die party volgens die OVK nie ‘n afgekorte naam het nie.
Die nasionale voorsitter van Action SA, Michael Beaumont sê die OVK het tot 10 uur vanoggend kans gehad om teen die party se hofaansoek te appelleer óf om die kwessie in die stembriewe reg te stel.
Hy sê die party het intussen gehoor dat die OVK regsverteenwoordigers aangestel het en vra dat die saak op Maandag, 11 Oktober aangehoor word.
Beuamont meen deur slegs die logo op die stembrief aan te bring kan dit vir kiesers moeilik maak om die party op die brief te vind. Hy hou vol dat die party die OVK se reël nagekom het, wat bepaal dat ‘n naam uit minstens agt letters moet bestaan.
Die OVK het egter in reaksie gesê dat dit nie hulle skuld is dat Action SA nie ‘n afgekorte naam geskep het nie. Die kommissie over ook aan dat daar ook ander partye is wie slegs se logo’s op die stembriewe verskyn.
Stem vir die Aitsa’s