26 September 2024
ActionSA het die verwydering van Cilliers Brink uit sy pos as die burgemeester van Pretoria verwelkom.
ActionSA se provinsiale voorsitter in Gauteng, Funzi Ngobeni sê hierdie stap bring ‘n einde tot agt jaar waartydens die DA – volgens hom – misluk het om die stad te regeer.
Hy meen indien Brink ‘n ANC-burgemeester was sou sy ondersteuners hom as ‘n gemiddelde burgemeester beskou het, in ag genome die “toestand van die Tshwane-metro.” Ngobeni sê hy kan dit met sekerheid sê aangesien ActionSA deel gevorm het van die sukkelende koalisieregering in die Tshwane-metro.
Hy sê in ‘n peiling wat ActionSA saamgestel het, het slegs 36% van respondente gevoel dat die stad in die regte rigting beweeg. “54% van mense het aangedui dat die stad, volgens hulle slegter af was, terwyl 10% aangedui het dat hulle geen positiewe veranderinge in die stad gesien het nie.”
Volgens Ngobeni kon die koalisie en Brink se mislukking veral gesien word in die verskil tussen mense se lewensgehalte in die woongebiede van Pretoria en die informele nedersettings.
The crowds go wild when ActionSA President @HermanMashaba addresses them in front of Tshwane House after the MONC against Brink has served. #WeAreActionSA pic.twitter.com/IurY8oZleA
— ActionSA Gauteng (@ActionSA_GP) September 26, 2024