ActionSA sê hy is bekommerd oor die regering se planne om binnekort ‘n nasionale dialoog op die been te bring omdat dit na verwagting tot R1-miljard kan kos om dit te fasiliteer.
President Cyril Ramaphosa het Woensdag die datum bekend gemaak waarop die voorbereiding vir ‘n nasionale dialoog gaan plaasvind en sê dit gaan nie ‘n eenmalige geleentheid wees nie.
Die eerste gesprekke word vir 15 Augustus beplan, waarna opvolggesprekke in fases gehou sal word met plaaslike konsultasies en sektorale betrokkenheid.
Ramaphosa sê die nasionale dialoog sal uit verteenwoordigers bestaan wat alle Suid-Afrikaners verteenwoordig en dat deelnemers uit verskillende politieke, sosiale, geografiese en geloofs-agtergronde by die gesprek betrek sal word.
LEES OOK: Ramaphosa maak name bekend van diegene wat sal deelneem aan ‘n nasionale diagloog
Die leier van ActionSA, Herman Mashaba sê hy het nie hoop dat die nasionale dialoog ‘n sukses sal wees nie veral nie in die lig van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, wat meer as R1-miljard gekos het nie.
Mashaba glo dat daar, soos met die Zondo-kommissie, niks positief sal kom van ‘n nasionale dialoog nie. Hy sê daar is steeds geen vervolging of enige inhegtenisnemings wat uit die kommissie gespruit het nie.
Volgens Mashaba wil dit voorkom asof die sogenaamde nasionale dialioog net weer ‘n geoefende roetine is om te probeer om ‘n rat voor Suid-Afrikaners se oë te draai.
Hy sê in plaas van nóg gesprekke moet daar strafregtelike klagtes aanhangig gemaak word teen diégene wat in die Zondo-kommissie geïmpliseer word. “Dit maak nie sin dat diegene steeds vrylik rond beweeg nie.”
3 Responses
Die nasione dialoog se koste gaan “na verwagting” ‘n astronomiese bedrag beloop. Onhou die mense moet vreet (die belangrikste item), die sekuriteit moet opgeskerp word, verblyf, vervoer, ens, ens moet gereël word vir al die betrokkenes. Nee wat, dit gaan al te lekker in die nuwe(?) Suid-Afrika.
Die drank en gevreet sal die hoof insetkoste vir die gebla-ba wees. Die uitset sal net mooi niks, zero, nada wees nie.
Maar net nog ‘n KADER ontplooiing want die ANC gryp nou na als om hulle, oor hulle besig is om te implode op hulle idiolgie.
Daar is nié geld nié, so is IRAN ook weer besig om hiermee te finansier?