Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

ActionSA begin met regstappe oor partybefondsing

3 September 2024

ActionSA het met regstappe teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) begin en het ook nuwe klagtes oor die MK-party en die EFF by die kommissie ingedien.

Die party het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou waartydens sy nasionale voorsitter, Michael Beaumont aangekondig het dat hy nou met regsaksie teen die OVK begin omdat die kommissie aanvanklik beloof het om die Ezulweni skuldooreenkoms van R150-miljoen te ondersoek.

Volgens Beaumont het hulle met die proses begin weens kommer dat die OVK se partybefondsingswet oortree is.  

Wat die klagtes teen die EFF en die MK betref, sê ActionSA dat die befondsing wat beide partye verklaar het nie die kostes van hulle verkiesingsveldtogte sou dek nie.

Beaumont sê die EFF het sedert die begin van die 2022/2023-boekjaar R3,5-miljoen verklaar, maar ActionSA glo die EFF het sowat R100-miljoen bestee nét aan saamtrekgeleenthede by stadions voor die verkiesing.

Hy sê ActionSA sal deurlopend dophou oor hoe die OVK sy EFF en MK klagtes hanteer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

etol3

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk
NUUSWEEK WILLIE
Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende