12 Desember 2024
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika – ACSA – sê vertragings in die ontwikkeling van infrastruktuur is die gevolg van befondsingsuitdagings en ’n stadige goedkeuringsproses.
Die piekreistydperk vir die organisasie het in Oktober begin en sal na verwagting tot Maart volgende jaar duur.
ACSA maak staat op ‘n regulerende liggaam om tariewe goed te keur wat sy bedrywighede en instandhouding finansier.
Die tariefgoedkeuring het in Januarie gekom, maar die werklike befondsing is eers vanaf April geïmplementeer.
Die organisasie sê dat hierdie gaping van agt maande ’n verreikende impak gehad het, insluitend op die bedrywighede wat passasiers en lugdienste direk raak.
Volgens die uitvoerende hoof van ACSA, Mpumi Mpofu is tenderprosesse ook vir verskeie projekte aan die gang.