25 Junie 2021
Die geskorste ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule se hofsaak, om sy tydelike skorsing ter syde te laat stel, duur vandag voort in die Suid-Gautengse hooggeregshof.
LEES OOK: ACE MAGASHULE BEREID OM MET ANC OOR SY SKORSING TE ONDERHANDEL
Nog een van Magashule se advokate, adv. Mahlape Sello het vanoggend se verrigtinge begin.
Sello het in haar argument gefokus op Magashule se sogenaamde “skorsing” van president Cyril Ramaphosa en hou vol dat dié “skorsing” wettig was. Sy meen die geskorste sekretaris-generaal is onder geen verpligting om verskoning te vra oor dié besluit nie.
Dit kom nadat hy skriftelik in kennis gestel is dat hy om verskoning moet vra vir sy “skorsing” van die president.
Die ANC-opdrag aan Magashule het onder meer gelui dat hy geen mandaat van enige ANC-struktuur gehad het om Ramaphosa te “skors” nie, maar Sello hou vol dat Magashule en sy respan nie hiermee saamstem nie.
President Ramaphosa het in sy verweer aangevoer dat Magashule hom uit weerwraak vir sy eie tydelike skorsing “geskors” het, maar volgens Sello is dit nie die geval nie.
A relaxed #SecretaryGeneral of @MYANC, comrade @Magashule_Ace, at the end of the first day of his court application. pic.twitter.com/lJnQ5weDvi
— Carl Niehaus (@niehaus_carl) June 24, 2021