30 Augustus 2023
Die voormalige sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, het sy eie politieke party vandag bekend gestel.
Magashule – wat in Junie uit die ANC geskop is – noem die nuwe party ACT, oftewel die African Congress for Transformation.
Hy het tydens die bekendstelling in Soweto gesê partylede het die afgelope ses maande hard gewerk om die party vir die mense op die been te bring. Volgens Magashule het hy in hierdie tyd ook met oud-presidente Thabo Mbeki, Kgalema Motlanthe en Jacob Zuma beraadslaag.
Magashule sê die ANC het Suid-Afrikaners verraai en dat die land na dertig jaar in duie stort.
