Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Ace Magashule geskors nadat hy weier om opsy te staan

5 Mei 2021

Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule is tydelik uit die party geskors en mag gedurende sy skorsing geen van sy pligte nakom nie.

In ‘n skorsingbrief, wat deur die adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte op 3 Mei aan Magashule gestuur is, word hy aangesê dat hy ook nie die ANC in die openbaar of op enige ander plaforms mag verteenwoordig nie.

Magashule mag luidens dié skorsingsbrief hom ook nie uitlaat oor enige ANC-aangeleenthede nie.

Volgens die brief sal Magashule egter steeds sy salaris en alle ampsvoordele ontvang.

Die skorsing kom nadat die ANC se werkkomitee Maandag gesê het dat alle lede, wat hulself aan korrupsie of ander ernstige misdade skuldig maak en nie vrywillig opsy staan nie, skorsingsbriewe moet ontvang.

Die betrokke lede het die geleentheid gekry om self binne 30 dae opsy te staan of om geskors te word. Magashule het egter versuim om dié spertyd na te kom.

Volgens die brief sal Magashule die ANC maandeliks op die hoogte moet hou oor die vordering van sy hofsaak. Die ANC sal ook sy tydelike skorsing elke ses maande hersien.

Magashule is tans uit op borgtog van R200 000 vir die aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery wat hy in die gesig staar. Dié aanklagte hou verband met die omstrede Vrystaatse asbesdak-ouditprojek in die tyd wat hy die premier van die provinsie was.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Ander Nuus Artikels

cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende