Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

Ace Magashule bereid om met ANC oor sy skorsing te onderhandel

23 Junie 2021

Die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule sê hy is steeds bereid om met die regerende party oor sy skorsing te onderhandel.

Dié uitspraak kom op die vooraand van die hofaansoek waarin Magashule vra dat sy skorsing opsy geskuif moet word.

LEES OOK: ACE MAGASHULE NADER HOF OOR SKORSING

Dié saak word deur ‘n volbank regters in die Suid-Gautengse hooggeregshof aangehoor en is vir Donderdag en Vrydag op die hofrol geplaas.

Magashule is geskors nadat hy geweier het om opsy te staan nadat hy van korrupsie in sy tuisprovinsie, die Vrystaat, beskuldig word.

Hy beweer dat die skorsing nie geldig is nie en het op sy beurt probeer om die leier van dié party, Cyril Ramaphosa, te skors. Hy het vanuit sy huis in Parys in die Vrystaat gesê dat hy steeds volhou dat hy by magte was om die president te “skors.”

LEES OOK: ACE MAGASHULE MOET OM VERSKONING VRA

Die oud-premier van die Vrystaat sê hy sal in die hof bewys dat die optrede teen hom ‘n politieke heksejag is.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-06-06 091133

KYK: Twee kinders in springkasteeltragedie in Krugersdorp beseer

Misdaadtoneel 1

Minder moorde in die 1ste kwartaal in die Tshwane-metro aangemeld

donald-trump-gettyimages-687193180

Landsburgers van 12 lande toegang tot die VSA verbied

Screenshot 2025-06-05 133355

“Nie vir menslike gebruik”-waarskuwing dalk binnekort op Doritos, Skittles verpakking

Screenshot 2025-06-05 120908

Kollege-kantoorgebou glo deur ontevrede studente aan die brand gesteek

Ander Nuus Artikels

NWU
Kill the Boer by NWU gesing
President-Edgar-Lungu
Voormalige president van Zambië oorlede
B25BANZ1297
McKenzie: “Sadisties om te verwag dat ministers ekonomiese klas moet vlieg”
Screenshot 2025-06-06 091133
KYK: Twee kinders in springkasteeltragedie in Krugersdorp beseer
Misdaadtoneel 1
Minder moorde in die 1ste kwartaal in die Tshwane-metro aangemeld

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende