10 November 2021
Die ACDP se hofsaak teen die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) oor die inenting van kinders teen Covid-19 is tot verdere kennisgewing uitgestel.
Die ACDP parlementslid, Steve Swart sê die saak is uitgestel omdat Sahpra nié sy opponerende hofstukke ingedien het nie.
Die party voer aan dat kinders tussen 12- en 17 jaar nie ʼn werklike risiko het om siek te word van Covid-19 nie.
Die ACDP daag Sahpra en die departement van gesondheid voor die hof, en sê nié die owerheid of die departement het enige bewyse verskaf oor waarom kinders ingeënt moet word nie.
Die ACDP sê die inentingsprogram vir kinders is teenstrydig met die beste belange van kinders, en dat kinders gebruik word as ʼn skild om die volwasse samelewing te beskerm, terwyl die volwasse samelewing inderwaarheid kinders moet beskerm.
Stem vir die Aitsa’s