24 November 2021
Die bankgroep, Absa het die sakeman, Sipho Pityana as sy raadsdirekteur afgedank.
Die groep het die aankondiging vanoggend gemaak. Volgens ‘n verklaring deur Absa het hulle gister Pityana se pos in ‘n vergadering bespreek. Luidens die verklaring is Pityana ‘n geleentheid gegun om bewerings, dat hy sy pos verwaarloos het, te ontken.
Hy het egter nié van die geleentheid gebruik gemaak nie. Die bank meen ook dat hy nie in die beste belang van die bank opgetree het nie.
Volgens Absa het Pityana slegs sy eie belange bevorder en daarom is die besluit geneem om hom af te dank.
Stem vir die Aitsa’s