Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

AB de Villiers bêre sy kolf

19 November 2021

Die krieketspeler, AB de Villiers (37) het vanoggend op sy Twitter-rekening bevestig dat hy uit alle vorme van dié sport gaan uittree. 

“Sedert my en my broers se agterplaas-krieketwedstyde het ek dié sport met groot vreugde en entoesiasme gespeel, maar nou op 37 jaar oud brand daardie vlam nie meer so helder nie,” het De Villiers gesê.

Die paaltjiewagter, kolwer, veelsydige veldwerker en by geleentheid – bouler – het in 2018 uit internasionale krieket getree nadat hy meer as 9500 lopies in die eendag-formaat van die wedstryd en meer as 8700 toetslopies aangeteken het.

Hy het meer as ‘n 1200 lopies tydens internasionale T20-wedstryde aangeteken.

De Villiers was die laaste paar jaar wêreldwyd in die kort-formaat van die spel te sien waar hy veral vir die Royal Challengers Bangalore in die Indiese Premierliga uitgeblink het vir wie hy meer as 5100 lopies aangeteken het.

https://twitter.com/ABdeVilliers17/status/1461590034193297409

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende