25 Maart 2022
Die aartsbiskop Thabo Makgoba het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om Rusland se inval van Oekraïne te veroordeel.
Makgoba sê die regering se stilswye oor Rusland se beweerde bombardering van hospitale en woonstelblokke in Oekraïne, is kommerwekkend.
President Cyril Ramaphosa het al herhaaldelik gesê dat Suid-Afrika ‘n neutrale standpunt inneem oor die oorlog in Oekraïne, en wil nie Rusland veroordeel vir sy inval van die land nie.
Ramaphosa sê intussen meeste Suid-Afrikaners steun die regering se neutrale standpunt oor die oorlog in Oekraïne.
Volgens Ramaphosa plaas die standpunt hom in ‘n sterker posisie om as bemiddelaar op te tree, en ‘n einde te bring aan die konflik.
Hy sê dit is in Suid-Afrika se DNS om konflik op te los deur middel van gesprekke en onderhandelinge.