5 Augustus 2021
Die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 ondersoek nou ook die moontlikheid van ‘n aanvullende Covid-19-entstofversterkingsdosis.
Dit volg nadat lande soos Israel aangedui het dat hulle gaan begin met ‘n opvolgdosis – nadat mense wat in Januarie ingeënt is, se immuniteit teen die siekte reeds gekwyn het.
Die adjunkdirekteur-generaal van gesondheid, Nicholas Crisp sê hoewel die komitee tans inligting bestudeer oor immuniteit vanweë inentings, sal meer mense eers die basiese dosisse moet kry voordat versterkingsdosisse toegedien sal word.
Sou die komitee daarop besluit, sal dit beteken dat diegene wat reeds ingeënt is, ‘n tweede of selfs ‘n derde inenting moet kry.
Hou Afrikaans op die lug