Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

“Aanstelling van EFF-raadslid as Tshwane-burgemeesterskomiteelid klap in gesig van Afrikaners”

16 Oktober 2024

Die VF Plus het die aanstelling van die EFF-raadslid, Obakeng Ramabodu, as ʼn burgemeesterskomiteelid in die Tshwane-metro ten sterkste veroordeel.

Dit kom nadat die DA se Cilliers Brink onlangs, deur middel van ‘n mosie van wantroue, uit sy pos as burgemeester verwyder is. ActionSA se dr. Nasipi Moya is in sy plek as burgemeester aangestel, waarna sy haar burgemeesterskomitee aangekondig het.

Vyf van die burgemeesterskomiteelede is van die ANC, twee van die EFF, twee van ActionSA en een van die GOOD-party.

Die VF Plus-raadslid in die metro, Grandi Theunissen sê Ramabodu se aanstelling as die burgemeesterskomiteelid van omgewingsake en landbou is ‘n klap in die gesig van Afrikaners.

Ramabodu het vroeër tydens ʼn raadsvergadering gesê dat hy graag “ʼn boer wil moer” en hy soek die “bloed van ʼn Afrikaner op sy hande”. Theunissen meen Ramabodu is deurlopend tydens raadsvergaderings “nie net blatant rassisties nie, maar spreek sy haat teenoor witmense en in die besonder die Afrikaner uit.”

Hy sê dit is totaal onaanvaarbaar dat ʼn persoon wat openlik vyandiggesind is teen ʼn groot gedeelte van die gemeenskap toegelaat word om ʼn leierskapsposisie in die metro te beklee.

“Die VF Plus sal as opposisieparty seker maak dat die nuwe burgemeesterskomitee optree in belang van al die inwoners van die metro.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende