29 November 2023
Een van die vermeende aanhitsers van die Julie 2021-onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng is ‘n kort ruk gelede tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Mdumiseni Zuma is in hegtenis geneem nadat hy glo die Brookside-inkopiesentrum in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek het.
Die staat het vanoggend in die Pietermaritzburg-landdroshof aangevoer dat Zuma die geweld aangehits het. Hy is in Augustus 2021 in hegtenis geneem, en is nie familie van die voormalige president nie.
Die 36-jarige pa van drie is die eerste een van 60 vermeende aanhitsers, nadat oud-president Jacob Zuma in hegtenis geneem is omdat hy geweier het om voor die kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn.
Meer as 350 mense is dood, en skade van nagenoeg R50-miljard is aangerig, en meer as 150 000 poste het verlore gegaan.
Foto: SABC