10 Januarie 2022
Die Amerikaanse komediant, Bob Saget, is in die ouderdom van 65-jaar oorlede.
Saget – wat veral in Suid-Afrika bekend was as die verteller met die stem van “Ted Mosby” in How I met your Mother asook America’s Funniest Home videos – se liggaam is in ‘n hotelkamer gevind. Hy het ook ‘n rol gespeel in die Amerikaanse reeks, Full House.
Volgens wetstoepassers is die oorsaak van sy dood nie bekend nie, maar is daar geen teken van vuilspel óf dwelms gevind nie.
Hy was op toer deur die land en het die vorige aand ‘n vertoning in Jacksonville gehou en na die tyd getwiet hoeveel pret hy gehad het en hoe baie hy die vertoning geniet het.
https://youtube.com/watch?v=PDqEElhrHTc
https://twitter.com/JimCarrey/status/1480392572476399622