97 000 Suid-Afrikaners verloor hulle werk in die formele sektor


Luister nou

Volgende

97 000 Suid-Afrikaners verloor hulle werk in die formele sektor

27 Junie 2023

97 000 mense het tussen Maart 2022 en Maart 2023 hul werk in die formele sektor verloor. 

Op kwartaalgrondslag was daar ook 21 000 minder mense in diens as die vierde kwartaal van 2022. 

Dit volgens Statistiek Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensneming vir die eerste kwartaal van 2023, wat vanoggend uitgereik is. 

SSA het vir dié peiling maatskappye in ag geneem wat vir belasting op toegevoegde waarde geregistreer is en ‘n jaarlikse omset van meer as R300 000 rand het. Nagenoeg 9,9-miljoen mense is nou in die formele sektor in diens.

Voor die Covid-19-pandemie het 10,2-miljoen mense in die sektor gewerk. Volgens die SSA is daar net drie bedrywe wat op ‘n jaargrondslag meer mense in diens geneem het.

Mynbou het 19 000 mense aangestel, die handel-sektor het 12 000 meer mense aangestel gevolg deur vervaardiging wat 24 000 meer mense aangestel het.

LEES OOK: WERKLOOSHEIDSYFER STYG EFFENS, MAAR INDIENSNEMING STYG ÓÓK

Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê intussen die jongste statistiek oor kwartaallikse indiensneming vir die eerste kwartaal van 2023 dui daarop dat Suid-Afrika midde-in ‘n werksbloedbad is. 

Luidens ‘n verklaring van Steenhuisen kan dié syfers toegeskryf word aan ‘n mislukte ANC-beleid en korrupsie wat die land lamlê.

Steenhuisen voer aan dat ‘n verlies van 97-duisend poste tussen Maart 2022 en Maart 2023 gelykstaande is aan meer as 8-duisend poste per maand of 260 poste elke dag.

Volgens hom het die ANC se beleid een van die wêreld se hoogste werkloosheidsyfers onder die jeug te weeg gebring en is die onderwysstelsel ook nie op standaard nie. Hy sê die ANC se beoogde raskwotas vererger verder die probleem en sal die laaste spiker in die doodskis wees.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

97 000 Suid-Afrikaners verloor hulle werk in die formele sektor


Luister nou

Volgende