90% van skoolverlaters wil verder studeer – en dít in Suid-Afrika, bevind verslag


Luister nou

Volgende

90% van skoolverlaters wil verder studeer – en dít in Suid-Afrika, bevind verslag

10 November 2022

Altesaam 83% van die skoolverlaters wat aan Solidariteit se Skoolverlatersverslag deelgeneem het, wil verder studeer ná skool.

Tog weet bykans ʼn derde van hulle nie waar die geld daarvoor vandaan gaan kom nie. Solidariteit Jeug, in samewerking met die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het vandag sy jaarlikse Skoolverlatersverslag bekendgestel.

Die verslag dui op gemengde welslae vir 2022 se skoolverlaters met duidelike uitdagings, soos die impak van die Covid-19-pandemie, aan die een kant maar ook met verskeie bemoedigende resultate oor hul toekomsplanne aan die ander kant.

Navorsing vir hierdie verslag het deur die loop van die jaar onder duisende matrikulante in 13 skole plaasgevind.

Die beleidsontleder en navorser by die SNI, Johnell van Vollenhoven sê dit is bemoedigend om te sien dat bykans twee derdes van die respondente positief voel oor Afrikaans as onderrigtaal. “As die jeug ingekoop is in ons taal en kultuur lyk die toekoms reeds blink. Wat bydra tot die bemoedigende gevoel is dat meer as 80% van die matrikulante van plan is om verder te studeer.”
 
 Van Vollenhoven sê meer as 30% van respondente het aangedui dat die Covid-19-pandemie hulle negatief beïnvloed het met sommige wat verwys het na ouers wat hul werk verloor het, gevoelens van depressie en eensaamheid sowel as ʼn ernstige afname in motivering.

Sy sê 90% van skoolverlaters wat verder gaan studeer wil dit in Suid-Afrika doen, en meen dit is uiters positief.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

90% van skoolverlaters wil verder studeer – en dít in Suid-Afrika, bevind verslag


Luister nou

Volgende