My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

90 000 tienerswangerskappe landswyd tussen April 2021 en Maart 2022 aangeteken

1 Julie 2022

Tussen April 2021 en Maart 2022 het 90 000 meisies in Suid-Afrika tussen die ouderdom van 10- en 19 jaar oud swanger geraak.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga het dié inligting vandeesweek in reaksie op ‘n parlementêre vraag bekend gemaak. Die meeste tienerswangerskappe is in KwaZulu-Natal aangemeld met 24 230 meisies wat in hierdie tydperk in die provinsie swanger geraak het.

So lyk die ander provinsies tov. tienerswangerskappe tussen April 2021 en Maart 2022:

  • Gauteng – 13 814
  • Mpumalanga – 8 840
  • Oos-Kaap – 12 582
  • Wes-Kaap – 6 543
  • Noord-Kaap – 2 662
  • Vrystaat – 4 444
  • Limpopo – 11 287
  • Noordwes – 2 66

Dié syfers deur Motshekga is egter minder as die data wat ongeveer drie maande gelede deur Statistiek Suid-Afrika bekend gemaak is. Die SSA het in Maart gesê dat 106 383 geboortes by die departement van binnelandse sake geregistreer is aan moeders tussen 10- en 19 jaar oud in 2019.

Motshekga het tydens die vraag en antwoord-sessie in die parlement gesê dat swanger tieners toegang in skole moet hê tot die nodige ondersteuning, berading en mediese sorg.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende