15 September 2022
Die regering beplan om teen die einde van volgende maand 8,5-miljoen dosisse van Pfizer se Covid-19 entstof te vernietig.
Dit kom weens die lae inentingsyfers in Suid Afrika, asook geen belangstelling van ander lande om die entstof oormaat aan te koop nie.
Een van die lede van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19, professor Francois Venter sê die regering het misluk in sy Covid-19 inentingsveldtog, weens ‘n gebrek aan ervaring en ‘n duidelike strategie.
Die woordvoerder van die departement van gesondheid, Foster Mohale sê die lae inentingskoers kom eerder weens die persepsie dat Covid-19 nie ernstig is nie.