84 polisievuurwapens binne 3 maande in Gauteng gesteel


Luister nou

Volgende

84 polisievuurwapens binne 3 maande in Gauteng gesteel

1 Junie 2021

Die Gautengse polisiekommissaris, luitenant-generaal Elias Mawela, het verlede Vrydag tydens ‘n komiteevergadering van die provinsiale gemeenskapveiligheidskomitee, op ʼn vraag van die VF Plus erken dat 84 polisievuurwapens vanaf Januarie tot Maart vanjaar as gesteel aangemeld is.

Die VF Plus se lid van die provinsiale wetgewer, Kobus Hoffman sê hy is bekommerd oor die groot aantal gesteelde wapens aangesien dit nou in die hande van kriminele is.

Hy sê ook elke saak moet deeglik ondersoek word aangesien elke beampte in beheer van daardie wapen bevoeg verklaar is om die wapen te hanteer en veilig te berg.

Mawela is ook gevra om meer inligting te verskaf oor watter tipe vuurwapens gesteel is, hoeveel ammunisie weg is en by watter polisiestasies dit gebeur het. 

Volgens Hoffman het Mawela ook Vrydag bevestig dat moord in Gauteng van Januarie tot Maart met 3,9% toegeneem het en poging tot moord met 5%.

Seksuele misdrywe het ook die afgelope kwartaal met 0,9% gestyg. In dieselfde tydperk verlede jaar is 2602 sake aangemeld en vanjaar 2625 wat ‘n styging van 23 gevalle toon.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

84 polisievuurwapens binne 3 maande in Gauteng gesteel


Luister nou

Volgende