10 Maart 2022
Die Gautengse departement van gesondheid sê hy sal nagenoeg 8000 tydelike gesondheidswerkers moet ontslaan nadat sy Covid-19-begroting gehalveer is.
Die werkers se kontrakte sal gevolglik nie hernu word nie en hulle diens sal aan die einde van die maand beëindig word.
Die departement het ‘n Covid-19-toelaebedrag van R2,2-miljard-rand ontvang vir vergoeding van werknemers tydens die pandemie.
Die begroting het die departement in staat gestel om kritieke personeel – wat sedert 2020 benodig is – op ‘n kontrak-basis aan te stel.
Die aanvanklike toekenningsbedrag is sedertdien tot R1,2-miljard vir die 2022/2023-boekjaar verminder.
https://twitter.com/GautengHealth/status/1501866930688438275