26 September 2023
Aanhangers van die sepie, 7de Laan beplan om komende Donderdag (28 September) na die SAUK se kantore in Auckland Park, Johannesburg op te ruk om hul ongelukkigheid te toon met die nasionale uitsaaier se besluit om uitsendings daarvan te staak.
7de Laan het vroeër vanjaar aangekondig dat die sepie, wat in 2000 begin het, in Desember tot ‘n einde sal kom.
Volgens die ondersteunersgroep op Facebook, 7de Laan MyNou beplan hulle om tydens die betoging ook ‘n petisie aan die bestuur van die SAUK te oorhandig waarin daar geëis word dat daar voortgegaan moet word met dié sepie.
Die laaste episode sal na verwagting op Oukersdag uitgesaai word.
Die ondersteunersgroep wat die optog reël het meer as 30 000 lede op facebook, maar dit is nog nie duidelik hoeveel mense aangedui het dat hulle aan die betging gaan deelneem nie.