22 Mei 2023
AfriForum, se plaasmoordverslag vir die eerste kwartaal van 2023 toon dat minstens 77 plaasaanvalle in Januarie tot Maart vanjaar plaasgevind het.
In dié tydperk is daar nege moorde gepleeg.
Dié verslag is vandag bekendgestel en fokus op plaasaanvalle wat vir die eerste kwartaal van 2023 bevestig kon word.
Volgens AfriForum is dié syfer kommerwekkend, en indien dit vergelyk word met die eerste kwartaal van 2022 – waartydens 80 aanvalle en elf moorde aangemeld is – was daar nie ‘n beduidende afname nie.
Volgens AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, word min verdgates voor stok gekry en skep dit die geleentheid vir die pleeg van nóg misdade.
Broodryk sê die meeste gevalle het in Gauteng plaasgevind, terwyl die meeste van die slagoffers bo die ouderdom van 60 jaar is. Luidens die verslag het die meeste gevalle op Saterdae plaasgevind. “Die feit dat so min verdagtes vasgetrek word skep ’n groot moontlikheid dat persone wat nie vasgetrek is nie weer aanvalle sal loods,” sê Broodryk.
