Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

“700 leerlinge sal teen die einde van Januarie in skole geplaas word,” sê LUR

12 Januarie 2022

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi sê 700 leerlinge in die provinsie is steeds nie in skole geplaas nie – dit terwyl duisende leerlinge vandag skool toe is om hulle 2022 skooljaar te begin. 

Hy het vanoggend tydens ‘n skoolbesoek namens die departement om verskoning gevra vir die ouers wie se kinders nie vanoggend met hul skoolloopbaan kon begin nie. Lesufi sê dié kinders sal teen die einde van die maand geplaas word.

Hy meen dit is nié weens ‘n tekort aan skole dat leerlinge nie geplaas nie. Volgens hom verkies ouers sommige skole bo ander en meen dit is buite die departement se beheer. 

Verskeie departemente in die Gautengse plaaslike regering het ook vandag skole besoek om te sien hoe die eerste dag verloop.  Die premier van Gauteng, David Makhura het vanoggend die Setlabotjha Laerskool in Emfuleni besoek waar veranderinge aan die waghuisie en biblioteek aangebring is terwyl nuwe klasse ook gebou is. 

Lesufi meen hulle sal verseker dat geen kind agterraak nie. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende