22 Januarie 2024
‘n Ondersoek deur die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie toon dat minstens 70 vulstasies tussen April en Desemeber verlede jaar betrap is dat hulle besmette diesel verkoop het.
Volgens die departement word die diesel met paraffien verdun in ‘n poging om belasting te ontduik.
Die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe het reeds in 2022 gewaarsku dat handelaars – wat hulle hieraan skuldig maak – voor stok gekry sal word. Tussen 2021 en 2022 het groothandelpryse van diesel met 50% duurder geword.
Brandstofmonsters uit al die provinsies word gereeld deur die departement ontleed.
Die vulstasies is in hierdie provinsies verspreid:
- Limpopo – 15
- Noordwes – 13
- KwaZulu-Natal – 13
- Mpumalanga – 9
- Noord-Kaap – 6
- Wes-Kaap – 4
- Vrystaat – 4
- Oos-Kaap – 1