Nuuskommentaar: 8 September
Deur: James Kemp
Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr Nkosazana Dalamini-Zuma het vroeër vandag aangekondig dat die verkiesing op 1 November vanjaar sal plaasvind. Dit sal die eerste keer sedert 1994 wees dat `n verkiesing op `n Maandag sal plaasvind.
Hier is tien dinge wat voornemende kiesers moet weet:
- Maak seker jy is geregistreer. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se webblad, elections.org.za het `n funksie waar jy maklik genoeg kan kyk of jy vir die komende verkiesing geregistreer is. Jy kan ook by dieselfde bladsy as kieser registreer en jou stempunt wysig.
- Maak seker jy is by die regte stempunt geregisteer. Dit is ook baie belangrik dat jy weet waar jy op 1 November moet gaan stem en dat die besonderhede op OVK se kieslys korrek is. Daardie inligting is ook elections.org.za beskikbaar en kan daar gewysig word. Anders as met `n nasionale verkiesing kan jy nie enige plek in jou geregistreerde provinsie stem nie maar slegs by die stempunt waar jy geregistreer is.
- Daar is `n registrasienaweek wat voorlê. Indien u nie vertroud is met die aanlynregistrasieproses of iemand het wat u vertrou om u daarmee te help nie kan u ook oor die naweek van 18 en 19 September by u stempunt `n draai maak. Al 23 151 stempunte sal op daardie twee dae van 08:00 tot 17:00 oop wees. Maak seker u gaan na die stempunt waar u van voorneme is om op stemdag u stem uit te bring.
- Hou u identiteitskaart of -boekie byderhand. Jy sal nie tydens registrasienaweek kan registreer of op 1 November jou stem kan uitbring as jy nie jou identiteitskaart of -boekie by jou het nie.
- Maak seker jy verstaan waaroor die verkiesing gaan. Kiesers verwar soms die plaaslike regeringsverkiesing (wat vanjaar plaasvind) met nasionale verkiesings (wanneer daar om parlementsetels meegeding word). Vanjaar se verkiesing bepaal wie die raadslid is wat na die dienslewering in u wyk sal omsien en ook wie die politieke partye is wat belangrike besluite in u metroraad of munisipaliteit maak.
- Kyk hoe die onderskeie politieke partye hulself die afgelope vyf jaar gehandhaaf het. Ons het die afgelope vyf jaar `n hele paar koalisieregerings tot stand sien kom en uitmekaar val. Dit is belangrik om te kyk of die politieke party waarvoor u van plan is om te stem tot stabiliteit in die betrokke regering bygedra het of juis ontwrigtend opgetree het.In sekere plaaslike regerings het ons gesien dat `n politieke party die een oomblik in `n koalisie saam met ander opposisiepartye was net om daarna hulle steun aan die ANC toe te sê. Ook in munisipaliteite waar een party alleen regeer het is dit belangrik om te oordeel of hulle die afgelope vyf jaar doeltreffend was.
- Luister Pretoria FM. Oor die volgende paar weke gaan Pretoria FM jou op hoogte hou van die belangrikste nuus met betrekking tot die verkiesing en gereeld met politieke partye praat om jou op hoogte te hou van die beleid en standpunte van die onderskeie partye.
Stem vir die Aitsa’s