10 September 2024
60 lande, waaronder Amerika het vroeër vandag ‘n sogenaamde bloudruk vir optrede goedgekeur vir die verantwoordelike gebruik van kunsmatige intelligensie (KI) in weermagte.
China het egter nie die plan gesteun nie.
Die plan is vandag by die Verantwoordelike KI in die weermag-seminaar, oftewel RE-AIM in Seoul bespreek.
Volgens Reuters is die plan vir die eerste keer verlede jaar gedurende dieselfde seminaar bespreek, maar vanjaar se plan het baie meer gefokus op daardwerklike aksie.
KI sal bevoorbeeld gebruik word in Kunsmatige Intelligensie aangedrewe hommeltuie.
Dit is reeds deur die Oekraïne gebruik, wat ook die bloudruk steun. Nog ‘n besprekingspunt in die dokument was hoe om die verspreiding van massa-vernietigings-wapens te keer.