31 Desember 2021
Ses mense, onder wie vier kinders is dood na ‘n ongeluk vanmiddag op die N1 suid in Mokopane, sowat 55 kilometer buite Pietersburg/ Polokwane.
Die ER24 woordvoerder, Russel Meiring sê paramedici is omstreeks kwart oor 12 na die toneel ontbied. Hy sê ‘n bakkie was in een van die bane met ‘n vragmotor en waentjie, wat op sy dak gelê het in een van die ander bane.
Die liggame van twee volwassenes en vier kinders is in die bakkie gevind. Hulle is op die toneel dood verklaar.
Twee mans in hulle 50’s is in die vragmotor gevind. Hulle moes uit die motor bevry word en het kritieke beserings opgedoen. Die ongeluk word deur die plaaslike owerhede ondersoek.