17 Augustus 2022
‘n 6-jarige seun in Graad-R is vanoggend net na 08:00 buite sy huis in Kensington in Kaapstad ontvoer.
Volgens die polisiewoordvoerder, kolonel André Traut sou Shanawaaz Asghar se ma, Shumaila binnekort haar huis verlaat om die kinders skool toe te neem. Volgens ‘n familiewoordvoerder, wat anoniem wil bly, is Shanawaaz buite die huis deur die verdagtes gegryp, net voordat die gesin die huis wou verlaat.
Sy 11-jarige sussie en 9-jarige boetie was ook by. Die skool, Hidayatul Islam Primary School is binne loopafstand van die Asghar’s se huis.
Traut sê die polisie soek na ses verdagtes en wou weens die sensitiewe aard van die voorval nie meer inligting bekend maak nie.