25 Junie 2024
58 splinternuwe parlementslede van die nuutgestigde MK-party is vanmiddag by die parlement beëdig.
Hulle is nie verlede week saam met die res van die parlementslede beëdig nie omdat die MK-party die proses geboikot het weens hulle ontevredenheid met hoe die verkiesing verloop het.
Oud-president Jacob Zuma se dogter, Dudu Zuma-Sambudla is een van die lede wat vanoggend ingehuldig is.
Die voormalige regterpresident van die Wes-Kaap, oudregter John Hlophe, Des van Rooyen, wat slegs ‘n paar dae gedien het as die minister van finansies en die voormalige leier van organisasie Black First Land First, Andile Mngxitama is ook onder die prominente persone wat voortaan sal dien as parlementslede van die MK-party.
Die groep is deur die waarnemende regter-president van die Wes-Kaap, Patricia Goliath beëdig.
Designated Members of the National Assembly from the @MkhontoweSizwex taking their Oath/Affirmation in a ceremony in the Good Hope Chamber#7thParliament #30YearsofDemocraticParliament #30YearsofDemocracy pic.twitter.com/AxNFCSWLq4
— Parliament of RSA (@ParliamentofRSA) June 25, 2024