15 Oktober 2021
Twee ministers en een adjunk-minister is gisteraand gyselaar gehou by die St George Hotel in Irene, deur ongelukkige militêre veterane.
Die minister van verdediging Thandi Modise, die minister in die presidensie Mondli Gungubele en die adjunk-minister van verdediging Thabang Makwetla is deur 56 militêre veterane gyselaar gehou, wat die ingang van die hotel versper het, en Modise daarvan beskuldig het dat sy nie hul griewe na behore hanteer het nie.
Hulle eis onder meer R2-miljoen elk van die regering.
Die polisie het van traangas gebruik gemaak om die gyselaarsdrama te ontlont, en verskeie mense is beseer.
Die 56 Militêre Veterane is in hegtenis geneem, en sal vandag in die hof verskyn op klagte van ontvoering.
Ministers Thandi Modise and Mondli Gungubele were held hostage by former liberation combatants at St. George’s hotel in Pretoria earlier on Thursday night. 📹 : Supplied by a source inside #MinistersHostage pic.twitter.com/qkpjRcOkq8
— Eyewitness News (@ewnupdates) October 14, 2021
Stem vir die Aitsa’s