Top 20 met Pieter Koen

Saterdae
16:00-17:00

Luister nou

Volgende

“555 stukke tuinboutoerusting sal dienslewering verbeter”

Die burgemeester in die Tshwane-metro, dr Nasiphi Moya het vanoggend 555 stukke tuinboutoerusting onthul, wat volgens haar dienslewering sal vergemaklik in ‘n poging om die agterstand in te haal.

Toerusting word oorhandig.

Dit sluit onder meer 75 blaarblasers, 235 bossiekappers, 90 kettingsae en 25 tuintrekker in en het ‘n waarde van meer as R11-miljoen.

Moya sê dit was moontlik om die nodige toerusting aan te koop weens fondse wat geherprioritiseer is.

Sy sê binne die volgende drie maande sal ‘n skedule gevolg word om die agterstand, veral ten opsigte van grassny op sypaadjies, in parke en begrafplase, in te haal. Dit is ook belangrik dat die gras gesny word voordat die somer-seisoen aanbreek.

“Ons soek ‘n mooi stad, met mooi landskappe en leefbare ruimtes.” Volgens Moya het die werkers vir lank gekla dat hulle sukkel om hulle werk te doen omdat hulle nie die regte toerusting het nie.

Sy sê as deel van die metro se skedule het elke departement binne die metro ‘n tydlyn wat gevolg moet word.

4 Responses

  1. Oor drie maande is alles stukkend en lê iewers in n stoor. . . . . . .
    Ek die belasting betaler kan die huisige regering nie bekostig nie.

  2. Hoe langk gaan hulle wag vir die kragpunte op die sypaaitjies. Hulle moet die gemors optel nie wegblaas nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

Top 20 met Pieter Koen

Saterdae
16:00-17:00

Luister nou

Volgende