Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

£5000 vir hond se skoon tande: Slenter of goeie daad?

1 September 2022

‘n Honde-eienaar het ‘n storm op sosiale media veroorsaak nadat dit aan die lig gekom het dat hy meer as £5,000 of byna R100 000 betaal het om sy hond se tande te laat skoonmaak.

Volgens die Britse koerant, spandeer Britse honde-eienaars gemiddeld tussen £4,600 en £30,800 aan hulle diere in hulle leeftyd.

Die betrokke eienaar is op die sosiale media-platform, Reddit veroordeel nadat hy gekla het oor sy skoonfamilie wat woedend is vir hom oor dié duur tandartsafspraak. Die man sê sy 12 jaar oue hond moes onder narkose gaan vir die prosedure om sy tande skoon te maak.

Hy meen dit was nie vir hom ‘n probleem om sóveel vir die tandarts te betaal nie omdat “hy seker wil maak dat sy troeteldier gesond en versorg is.”

Volgens hom is hy en sy vrou nie ryk nie en is £5,000 ‘n hele paar maande se salaris. Van die kommentare het die man bedank vir sy opoffering om vir sy troeteldier te sorg, maar sommige mense reken ook dat hy die slagoffer van ‘n slenter was.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Matriekeksamen

Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg

GrWax5CXIAAmt93

Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

0000800397_resized_oscarmabuyane1022

Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Ander Nuus Artikels

IMG-20220418-WA0228
Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante
GrVQYSwWcAEQTk0
Johann Rupert en Ernie Els glo verantwoordelik vir Trump en Ramaphosa vergadering
GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies
Matriekeksamen
Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg
GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende