23 Julie 2024
‘n Opname deur FNB toon dat die helfte van Suid-Afrikaanse pensioenarisse verby die aftree-ouderdom van 60 sal moet werk.
Boonop erken hierdie helfte van die land se pensioenarisse dat hulle onvoldoende voorbereid vir aftrede en dat hulle die lewe ná 60 bloot as ‘n oorgangsfase sien terwyl hulle aanhou werk.
Dié inligting is vervat in die 2024 FNB Retirement Insights Survey – wat saamgestel is nadat onderhoude met byna ‘n 1 100 respondente gevoer is.
‘n Gebrek aan finansiële geletterdheid, onvermoë om te spaar en hoë ekonomiese druk is as die belangrikste redes gegee oor waarom pensionarisse nie genoeg geld het by aftrede nie.