22 April 2021
Die minister van Staatsdiens en Administrasie, Senzo Mchunu, het bekend gemaak dat nagenoeg 5 000 staatsamptenare op ‘n vroeë aftrede besluit het sedert die uitbreek van die Covid-19-pandemie in Maart verlede jaar.
Dit het aan die lig gekom in antwoord op ‘n geskrewe vraag in die parlement.
Die meeste van dié amptenare, naamlik 2 117, was in die polisie werksaam, gevolg deur amptenare uit die departemente van onderwys met 110.
Op provinsiale vlak het 1 274 onderwysers besluit om vroeg af te tree terwyl 214 verpleegpersoneel dieselfde gedoen het.
Die departement se plan om aan staatsamptenare die opsie te gee om vyf jaar vroeër – op 55-jarige ouderdom af te tree – is aangevuur deur die tesourie se plan om die staatsdiens se salarisrekening te veklein.
Minder amptenare as die verwagte 30 000 lede het egter van dié aanbod gebruik gemaak.