31 Januarie 2023
Die mineraleraad van Suid-Afrika het bekend gemaak dat daar verlede jaar 49 sterftes in die mynbedryf was.
Volgens die raad was verlede jaar ‘n verbetering van die vorige rekordlaagtepunt van 51 sterftes in 2019.
In 2020 is 60 mynwerkers aan diens dood terwyl daar 74 noodlottige ongevalle in 2021 aangemeld is.
Die waarnemende hoof van veiligheid en volhoubare ontwikkeling by die raad, Lerato Tsele sê die raad bly daartoe verbind om te verseker dat ‘n veilige en gesonde werksomgewing by sy lede gehandhaaf word.
Volgens Statistieke Suid-Afrika was daar in 2021 byna 515 000 werknemers in dié bedryf.