17 Mei 2021
Die Mondeor-polisiestasie doen ‘n beroep op lede van die publiek om hul te help met hulle soektog na ‘n 47-jarige vrou van Johannesburg, Kim Croeser.
Volgens die teen-misdaad aktivis, Yusuf Abramjee het Croeser gisteroggend omstreeks half 10 vermis geraak toe sy by die Rietvlei Zoo Farm in die stad gaan fietsry het.
Die polisiewoordvoerder, kaptein Nokulunga Dube sê haar wit Renault-motor is intussen by Rietvlei Zoo Farm gevind, waar dit parkeer is.
Volgens Dube het Croeser ‘n blou fietsrybaadjie, swart fietsrybroek en wit tekkies aangehad.
Enigiemand met inligting oor Croeser se verdwyning kan die Mondeor polisie by 011 433 5411/ 12 kontak. Die polisiebeampte aan diens kan ook gekontak word by 082 371 8556.
https://twitter.com/Abramjee/status/1394250689073844225