23 Februarie 2024
Minstens vier mense is dood en 14 beseer nadat ‘n brand in ‘n gebou in Spanje se oostelike hawestad, Valencia, uitgebreek het.
Na verwagting sal die dodetal styg aangesien negentien mense nog vermis word. Ses van die beseerdes is brandbestryders.
Volgens AFP het die brand in die veertien-verdieping gebou – laat gistermiddag op die vierde verdieping uitgebreek en vinnig versprei.
Volgens berigte het die brand so vinnig deur die gebou – met sy 130 woonstelle versprei – omdat die gebou met ‘n hoogs vlambare poliuretaan-stof bedek was.
Die woordvoerder van die nooddienste, Jorge Suárez sê brandbestryders is besek met ‘n risikobepaling om te bepaal of die gebou inmekaar kan tuimel.